
Affies Matriek 1976: die 50ste Reünie
15 – 17 Oktober 2026 in Pretoria. Gholf by Pretoria Country Club, die oggend by Affies, rolbal en spitbraai by CBC Old Boys, en Saterdagaand die buffet saam met gades. Kom groet die manne met wie jy die skoolbanke gedeel het.
Nog net
–
dae
–
ure
–
minute
51 manne het reeds bespreek.
- Wanneer
- 15 – 17 Oktober 2026
- Waar
- Affies en omgewing, Pretoria
- Vrae
- Ignatius Ackerman
E-pos
Volgende Donderdag-byeenkoms
Donderdag 1 Oktober 2026
Elke eerste Donderdag van die maand, by Waterkloof Golfklub. Almal is welkom. Kom net.
36 van ons maats is nie meer by ons nie.
Ons onthou hulle met liefde en dankbaarheid.

Die 56ste matriekklas
Ons was sowat 240 seuns in sewe klasse, 10A tot 10G, onder hoof N.C. Roesch. Ons het in 1976 matriek geskryf in die rooi baksteengebou wat sedert 1920 daar staan. Die meeste van ons het intussen afgetree, maar die Donderdae, die gholf en die stories gaan nog steeds aan.
“Laat daar lig wees”







