Gaan na inhoud
Groepfoto van die 50ste reünie, Vrydag 16 Oktober 2026, by die skool

Affies Matriek 1976: vyftig jaar later

Van 15 – 17 Oktober 2026 was ons weer saam: gholf by Pretoria Country Club, die oggend by Affies, rolbal en spitbraai by CBC Old Boys, en Saterdagaand die buffet saam met die gades. Dankie aan almal wat gekom het.

57

manne op die groepfoto by die skool

Die reünie
15 – 17 Oktober 2026
Waar
Affies en omgewing, Pretoria
Vrae
Ignatius Ackerman
E-pos

Volgende Donderdag-byeenkoms

Donderdag 5 November 2026

Elke eerste Donderdag van die maand, by Waterkloof Golfklub. Almal is welkom. Kom net.

Byeenkomste en foto's →

36 van ons maats is nie meer by ons nie.

Ons onthou hulle met liefde en dankbaarheid.

Ons onthou hulle →
Foto's uit die sewentigs aan die muur by Affies: sport, sang en die skietspan
Affies in die sewentigs, soos dit vandag aan die muur by die skool hang.

Die 56ste matriekklas

Ons was sowat 240 seuns in sewe klasse, 10A tot 10G, onder hoof N.C. Roesch. Ons het in 1976 matriek geskryf in die rooi baksteengebou wat sedert 1920 daar staan. Die meeste van ons het intussen afgetree, maar die Donderdae, die gholf en die stories gaan nog steeds aan.

“Laat daar lig wees”